Swembadhuisies

Ons het die vier eenhede so volledig moontlik ingerig vir u gerief:

  • 2 Swembadhuisies met 2 Slaapkamers en 'n badkamer in elke eenheid vir privaatheid
  • 2 Swembadhuisies met 3 Slaapkamers en 2 badkamers in elke eenheid vir privaatheid
  • Maksimum 6 persone per eenheid
  • Oopplan kombuis (Ma moet darem deel in die kuier!) met mikrogolf, yskas, breekgoed, ens.
  • Opgemaakte beddens en handdoeke gereed om te gebruik
  • Swembad net 30m van die stoep sodat kinders dopgehou kan word
  • Bring eie swemhanddoeke en muskietweermiddel vir die buitelug
  • Braaigeriewe vir elke eenheid en ons verskaf die hout
  • Vir die koue winter is daar 'n heerlike warm kaggel in elke woonvertrek
  • Ons voorsien muskiet blokkies vir binne, blits vir die eerste vuur, skottelgoedseep, vadoeke en toiletpapier.

@ R 190.00 per persoon per nag
@ R 70.00 per kind (3 - 18 jaar) per nag (Kinders jonger as 3 is gratis)

(Geldig tot 30 November 2010)

   

Olyfboomhuisie

Wat wil u graag hê?

  • Privaatheid?
  • 'n Hoekbad met kerse vir 'n wittebroodspaar?
  • Eie braaigeriewe?
  • 'n Heerlike hemelbed met groot sagte handdoeke?
  • 2 Ekstra beddens in die oopplan kombuis-woonarea?
  • 'n Kaggel in die kamer vir die winter?
  • Vir ons om die hout te voorsien?
  • Ontbyt onder die bome?
  • 'n Romantiese aandete?
  • 'n Privaat tuin om in te ontspan?

Dan hoef u nie verder te soek nie - dit is alles hier op Rietvlei!

Die groot vensters en die voëlvriendelike tuin, maak hierdie huisie ideaal vir die entosiastiese voëlkyker.

@ R 220.00 per persoon per nag
@ R 70.00 per kind (3 - 18 jaar) per nag (Kinders jonger as 3 is gratis)

(Etes is addisioneel)

(Geldig tot 30 November 2010)

   
 
holiday@rietvlei.co.za www.rietvlei.co.za